Posts

.....toe sink Petrus.....

Image
Dis voor dagbreek. Tussen drie en ses die oggend. Plek - die heilige See van Galilea. Omstandighede - ‘n see gevul met beproewinge. Die dissipels - ontbloot en bang. Vasgevang in ‘n skuit op ‘n oop see. Kwesbaar en deurdrenk met twyfel en vrees. Hulpeloos. Die donkerte, wat die dissipels se benoudheid voed en die golwe wat onophoudelik teister met winde van voor, maak twyfel hul baas en geloof klaas. ‘n Onbekende figuur opmerklik sigbaar op die horison beweeg al nader oor die verruklike see. Die visuele ontmoeting met hierdie figuur kweek angs en hierdie angs lok histerie en kort voor lank ontsnap benoude gille en skreeu: “Dis ‘n spook!”. En met een skreeu is geloof oorboord, hoop op die bodem en al wat oorbly is ‘n skuit, in die ope see op pad om te sink.....bemanning en al. My eie oksipitale Hollywood weergawe van Matteus 14 met ‘n amperse Titanic “twist”. ‘n Vertelling van die dag toe twyfel geloof vervang het. ‘n Halwe weergawe van wat kón gewees het as die onbekende f